Mooirivier Makelaars
Korttermynversekering is ons passie
Mooirivier Makelaars Bloemfontein is deel van die hoogs gediversifiseerde Mooirivier-groep. Mooirivier Makelaars is meer as 35 jaar gelede, in 1981, in Potchefstroom gestig. Die Bloemfontein-kantore bied hul kliënte al sedert 1992 deurlopend gemoedsrus en raad rakende vaste en roerende bates.
Ons bied ‘n verskeidenheid van dienste aan in Besigheidsversekering en Persoonlike Versekering.
Wie is ons?
Persoonlike en gemaklike kommunikasie is die hartklop van Mooirivier Makelaars. Ons fokus nie net daarop om die korrekte dekking vir kliënte te bied nie, maar ook om persoonlik betrokke te wees tydens die eise-proses. Ons het met ervaring geleer dat deur persoonlik betrokke te wees, die kommunikasiekanale verbeter, en sodoende die eise-proses versnel.
Ons Dienste
Besigheidsversekering
Ons bied versekeringsprodukte vir sakeondernemings. Elke onderneming is uniek – joune ook. ’n Besigheidspolis word saamgestel uit verskillende afdelings volgens die behoeftes van elke kliënt.
Kontak ons vir professionele raad rakende jou onderneming se spesifieke behoeftes.
Persoonlike versekering
Jou ingesteldheid teenoor jou bates en hoe jy dit bestuur, dra baie gewig. Ons sien om na die versekering van jou persoonlike bates, deur pasgemaakte pakkette vir jou spesifieke behoeftes saam te stel.
Nuus en Ander Inligting

Kliënte hoef nie slaggat-skade direk van hul versekeraar te eis nie
Vermy só ‘n negatiewe invloed op jou eis-geskiedenis Dié gids bied gedetailleerde riglyne om die dikwels ingewikkelde proses van die eis van skade weens slaggate aan te pak. Dit poog

Belangrike wenke vir vakansiegangers om huis en eiendom te beskerm
Met die vakansieseisoen wat nader kruip, sien baie van ons uit na welverdiende tyd af en ‘n kans om te ontspan. Dit is egter belangrik om nie die veiligheid en

Bestuur jou risiko en verhoed skade aan jou bates
Somerseisoenwenke Die verandering in die seisoen bring meer reën in die binneland waarvoor ons moet voorsorg tref om skade te voorkom. Hiermee ‘n paar wenke om in gedagte te hou:
Kontak ons
Algemene navrae en wysigings
E-pos: bloem@mooirivier.com
Tel: 051 447 6877
Eise
E-pos: bloemeise@mooirivier.com
Kwotasies
E-pos: bloemadmin@mooirivier.com
Adres
90 President Reitz Laan
Westdene
Bloemfontein
9301