Belangrike wenke vir vakansiegangers om huis en eiendom te beskerm

Met die vakansieseisoen wat nader kruip, sien baie van ons uit na welverdiende tyd af en ‘n kans om te ontspan. Dit is egter belangrik om nie die veiligheid en sekuriteit van ons huise te vergeet terwyl ons weg is nie. Hier is ‘n paar waardevolle wenke om te verseker dat jou eiendom beskerm word gedurende jou vakansie.

1. Skakel onnodige elektriese toestelle af: Voordat jy vertrek, neem die tyd om elektriese toestelle af te skakel wat nie in gebruik hoef te wees nie. Byvoorbeeld, geisers kan afgeskakel word om energie te bespaar en die risiko van ongelukke te verminder.

2. Trek ongebruikte koppelings uit: Selfs wanneer laaiers nie aan toestelle gekoppel is nie, kan hulle steeds krag trek. Om onnodige energieverbruik en potensiële gevaar te voorkom, trek koppelings uit kragpunte waar moontlik.

3. Wees versigtig gedurende beurtkrag: Beurtkrag, ‘n algemene gebeurtenis in Suid-Afrika, kan lei tot kragstuwing en ander skade aan toestelle. Dit is raadsaam om nie die huis gedurende beurtkrag te verlaat nie, omdat ligte en skakelaars makliker aan vergeet kan word.

4. Hersien jou versekeringsdekking: Voordat jy jou vakansie begin, hersien jou versekeringspolis deeglik om te verseker dat jy voldoende dekking het vir jou huis en besittings. Dit sal gemoedsrus verseker en beskerming teen onverwagte gebeure bied.

5. Handhaaf goeie huishoudelike praktyke: Deur goeie huishoudelike gewoontes te volg, kan jy risiko’s en potensiële probleme in jou afwesigheid verminder. Dit dra by tot beperking van risiko’s sodat jy nie nodig het om teen jou versekering te eis nie en sodoende jou geeneis-korting beïnvloed nie. Deur jou eiendom goed te onderhou en te let op  probleme soos waterlekkasies of elektriese foute, kan jy skade voorkom. Onthou, jou versekering is vir onbeplande, onverwagte gebeurtenisse en nie vir normale instandhouding nie.

6. Oorweeg om hulp te kry: Indien moontlik, reël dat iemand betroubaar ‘n oog oor jou eiendom hou terwyl jy weg is. Hierdie persoon kan nagaan of die krag steeds aan is vir noodsaaklike toestelle soos yskaste en verseker dat daar geen tekens van waterlekkasies of ander probleme is nie.

Onthou, voorkoming is beter as genesing. Deur hierdie wenke te volg, kan jy dalk jou vakansie meer geniet en die kans op ongewensde verrassings verminder.