Somerseisoenwenke
Die verandering in die seisoen bring meer reën in die binneland waarvoor ons moet voorsorg tref om skade te voorkom. Hiermee ‘n paar wenke om in gedagte te hou:
- Na die winter en lente het stof en blare in geute versamel. Inspekteer geute en afvoerpype vir blokkasies wat oorstromings kan veroorsaak en lei tot waterskade.
- Inspekteer jou woning se dakteëls. Teëls kon in die winter gekraak het, veral as daar werk op die dak gedoen is, bv as sonpanele geïnstalleer is.
- Sinkdakke se skroewe raak los met uitsetting en inkrimping. Dit is dikwels nodig om skroewe te seël sodat water nie deur hierdie openinge kan syfer nie.
- Waar Pap & Lap gebruik is, is dit nodig om inspeksie te doen. Al is dit nie stukkend nie, kan ‘n laag verf baie help om die Pap & Lap langer te laat hou.
- Kyk uit vir bome en take wat oor die dak groei. Hulle kan die opeenhoping van vuilgoed aanhelp. Voëls dra ook dan meer by tot verstoppingsprobleme.
- Droë gras naby die huis of vullishope verhoog jou brandgevaar. Verwyder dit of skuif dit so ver moontlik van die huis af.