Persoonlike versekering

Jou ingesteldheid teenoor jou bates en hoe jy dit bestuur, dra baie gewig. Ons sien om na die persoonlike versekering van jou bates, deur pasgemaakte pakkette vir jou spesifieke behoeftes saam te stel.

House Content Insurance

Huisinhoud

Onvoorsiene gebeurlikhede kan enige tyd plaasvind.  Dit kan lei tot verliese waarvoor jy nie voorsiening gemaak het nie. Dit sluit items in jou woning in wat nie vervang kan word teen die bedrag wat jy tien jaar gelede daarvoor betaal het nie. Verseker jou huisinhoud daarom teen die korrekte waarde. Moenie vergeet om die implikasies van onderversekering en awery in ag te neem nie. Stel voorsorgmaatreëls in om die waarskynlikheid van sulke verliese te beperk.

Buildings Insurance

Geboue

Rampe gebeur – huise brand af of die weerlig beskadig toerusting by jou woning. Om jou geboue te verseker is nie net ’n wyse besluit nie, dit word ook deur kredietverskaffers vereis.

Voorsorg en instandhouding kan onnodige verliese beperk.

Vehicle Insurance

Voertuie

Jou motor is moontlik een van jou mees blootgestelde bates aan versekerbare risiko’s. Dit is belangrik om jou voertuig en die aanspreeklikheid rakende die gebruik daarvan, reg te verseker.  

Jy kan bewustelik meer verantwoordelik optree in die bestuur en beheer van jou motor. Dit tel in jou guns!

All Risk Insurance

Alle risiko

As deel van jou pakketversekering is daar sommige items wat jy eerder op ’n meer omvattende manier moet verseker.  Goedere wat rondgedra word, kan wegraak en breek.

Pas jou elektroniese en ander draagbare items op.

Watercraft Insurance

Watertuig

Jou boot kan beskadig word op pad na jou gunsteling-vakansiebestemming of op die water tydens gebruik. Onthou om jou boot te verseker!

Personal Liability Insurance

Persoonlike aanspreeklikheid

Jy mag moontlik sonder bedoeling verlies of skade aan ander partye besorg wat jou onder ’n verpligting laat om hulle te vergoed. Hierdie bedrae kan astronomies wees.

Moenie nalaat om hierdie versekering in plek te kry nie.

SASRIA

SASRIA

In Suid Afrika is SASRIA ononderhandelbaar.