PRIVAATHEIDSKENNISGEWING
PRIVAATHEIDSKENNISGEWING - WET OP DIE BESKERMING VAN PERSOONLIKE INLIGTING ("POPIA")
Ons besef dat u huiwerig mag wees om u persoonlike inligting te deel, maar ons verseker u dat ons daartoe verbind is om u inligting te beveilig.
Ons wil seker maak dat u verstaan waarvoor en hoe ons u inligting verwerk. As u om een of ander rede dink dat u inligting nie op die regte manier verwerk word nie, of dat u inligting vir ‘n ander doel gebruik word as wat dit oorspronklik bedoel was, kan u ons inligtingsbeampte by ons kantoor kontak.
U kan te enige tyd toegang tot u inligting waaroor ons beskik versoek, en as u van mening is dat die inligting verouderd is, kan u ons versoek om dit op te dateer of reg te stel.
Ons besonderhede:
Mooirivier Makelaars Bloemfontein (Pty) Ltd
Adres: President Reitz-laan 90, Westdene, Bloemfontein 9301
Tel: 051 447 6877
E-pos: bloem@mooirivier.com
Die organisasie is ‘n gemagtigde finansiële dienste verskaffer met FDV nr. 14864. Ons lewer finansiële dienste in die volgende produkkategorieë:
Korttermynversekering: persoonlike lyne
Korttermynversekering: kommersiële lyne
Die bron van die versameling van u persoonlike inligting:
Ons versamel persoonlike inligting direk / indirek van die volgende bronne:
- Voornemende kliënte wat navraag doen oor ons finansiële dienste
- Kliënte wat ons verteenwoordiger as hul makelaar aangestel het
- Polishouers wat deur ons ‘n polis by ‘n versekeraar aanvaar
Persoonlike inligting word direk of indirek van u versamel deur die voltooiing van ‘n aansoekvorm of van ‘n vraelys. Hierdie inligting word telefonies, elektronies en/of in harde kopie versamel. U kan ook versoek word om persoonlike inligting tydens u konsultasie met ‘n verteenwoordiger of ‘n ander werknemer van die organisasie te voorsien. Ons kan ook inligting oor u versamel van ander bronne soos eksterne partye en van “cookies” op ons webwerf.
Wetgewing wat die versameling van u persoonlike inligting goedkeur of vereis:
As ‘n gemagtigde finansiële dienste-verskaffer is ons ingevolge die volgende wetgewing verplig om u persoonlike inligting te versamel waar dit betrekking het tot die betrokke finansiële dienste:
- Financial Advisory and Intermediaries Services Act 37 of 2002;
- Financial Intelligence Centre Act 38 of 2001;
- Insurance Act 18 of 2017;
- Short-Term Insurance Act 53 of 1998
Doel van die verwerking van u inligting:
Ons versamel, bewaar, gebruik en openbaar u persoonlike inligting hoofsaaklik om u toegang te gee tot die dienste en produkte wat ons verskaf. Ons verwerk u inligting slegs vir ‘n doel wat u redelikerwys sou verwag, insluitend:
- Die nakoming van die verpligtinge in die kontrak tussen u en die FDV
- Om advies, produkte en dienste wat aan u behoeftes voldoen te voorsien
- Om u identiteit te verifieer en om kredietverwysingsondersoeke uit te voer
- Om u versekeringspolisse uit te reik, te administreer en te bestuur
- Om versekeringseise te verwerk en om verhalingsmaatreëls te tref
- Om u in kennis te stel van nuwe produkte of ontwikkelings waarin u mag belang stel
- Om u besonderhede te bevestig, verifieer en op te dateer
- Om te voldoen aan enige wetlike en regulatoriese vereistes
Sommige van u inligting wat ons stoor kan u titel, naam en van, e-posadres, ‘n huisadres, posadres of ander fisiese adres, ander kontakinligting, u titel, geboortedatum, geslag, beroep, kwalifikasies, vorige diens, verblyfstatus, u beleggings, bates, laste, versekering, inkomste, uitgawes, familie-geskiedenis, mediese inligting en u bankbesonderhede insluit.
Sommige van die bogenoemde persoonlike inligting is moontlik verpligtend om binne die konteks van die onderskrywingsvereistes en openbaarmakingsvereistes van die produkverskaffers te voorsien.
As ons nie die verpligte inligting versterk nie kan dit lei tot ‘n gebrek in die organisasie se vermoë om die funksies uit te voer wat van ‘n gemagtige finansiële diensteverskaffer verwag word.
Derde partye en u persoonlike inligting
Dit mag noodsaaklik wees om u inligting met derde partye te deel om advies, verslae, ontledings, produkte of dienste wat u aangevra het, te verskaf. Waar ons u inligting deel, sal ons alle voorsorgmaatreëls tref om te verseker dat die derde party u inligting met dieselfde beskermingsvlak behandel as wat ons vereis.
Hierdie derde partye kan die volgende insluit:
- U werkgewer (waar van toepassing);
- Die Voldoeningsbeampte van die organisasie (waar van toepassing);
- Analiseerders en verskaffers van soekenjins wat help met die verbetering van ons webwerwe;
- Spesialiste in inligtingstegnologie wat ons help met die stoor van data, beveiliging, verwerking, ontleding, ens.
- Ouditeurs van die organisasie;
- Regulerende of regeringsowerhede soos die Gedragsowerheid van die Finansiële Sektor en die Voorsorg-owerheid;
- Indien u ‘n polis vir korttermynversekering, persoonlike lyne of kommersiële lyne uitgeneem het kan die organisasie u inligting as deel van sy statutêre en rapporteringsverpligting deel met:
- Infiniti Insurance, Santam, Momentum, Discovery, Old Mutual Insure, AC&E, Auto & General and First Prop.
Klagtes en besware
As ‘n datasubjek, het u die reg om –
- Te versoek dat ons gratis bevestig of ons persoonlike inligting oor u het of nie;
- Te versoek dat ons u ‘n beskrywing gee van die persoonlike inligting wat ons oor u het, en om te verduidelik waarom en hoe dit verwerk word (voltooi die PERSOONLIKE INLIGTINGSVERSOEKVORM – verkrygbaar by ons kantoor);
- Te versoek dat ons u besware teen die verwerking van u persoonlike inligting oorweeg (voltooi die POPI KLAGVORM – verkrygbaar by ons kantoor);
- Om ‘n klag te lê by die inligtingsreguleerder (voltooi die POPI KLAGVORM – verkrygbaar by ons kantore).
Die Inligtingsreguleerder
As u persoonlike inligting nie verwerk is in ooreenstemming met die POPI-wet en die beginsels hierbo uiteengesit nie, het u die reg om ‘n klag by die Inligtingsreguleerder in te dien.
Vir meer inligting oor die klagteproses, besoek die webwerf van die Inligtingsreguleerder, soos hieronder aangedui.
Alternatiewelik kan u die inligtingsreguleerder kontak vir verdere hulp:
Die Inligtingsreguleerder: Adv Pansy Tlakula
Fisiese Adres: JD House, 27 Stiemens Straat, Braamfontein, Johannesburg, 2001